Eers ry die baas vir my weg sonder om my te roep. Maar ek is nie mal nie. Toe ek hoor hy start die bakkie op, toe snol ek vir wat ek werd is na die kant toe en ja hoor, daar sit meneer al binne in die bakkie en sou sonder my gery het. Ek moes dan maar self gesien het hoe kom ek by die werk.
En hier, voordat ons by die winkel ingaan, toe kom daar sulke drie oulike seuntjiemense verbygestap en hulle is ook basies van ‘n hond soos ek. Die broer is omtrent so groot so ek en so oud soos ek, maar hy weet baie meer van die dorp as ek. Ja, ek weet meer van die plaas as hy. Ek sit my ore penregop en my stert ook en ek trippel so na hierdie broer om vir hom te vra wat weet hy alles van die dorp. Dis toe dat die baas my roep. Nou gewoonlik as hy roep dan kom ek gou want netnou het hy kos of iets wat ek soek. Maar hierdie keer het ek beslis geweet hy het nie wat ek soek nie. Ek soek dit by hierdie broer. Ek maak toe ‘n draai van 20 hondetree na die baas se kant toe en gaan toe weer trug na die broer. Maar die was inmiddels al oor die straat en weg. Toe moet ek nou met my neus op die teer snuffel om uit te vind waarheen hy geloop het. En weet jy hoe moeilik dit is? Ek hoor daar die voete van mense en die karre se bande en die teer, maar ja hoor, tussen dit alles hoor ek ook die spore van hierdie broer warm en vars bo op alles. Toe hardloop ek met my krom beentjies (so sê die baas altyd maar ek dink sy bene is krommer as myne) toe hardloop ek so agter die broer aan maar kort hier op my hakke hoor ek die baas skrou:MAPSTIEKS KOM HIER. Nou gewoonlik draai ek om en kom, maar die broer roep my ook. “Kom ek vertel jou iets wat jy wil weet. Jou baas gaan ou iets vertel wat jy nie wil weet nie. Die silly baas, hy kon maar so’n halwe uurtjie vir my gewag het maar nee, hier moet ek nou onmiddellik kom. Van pure verboureerdgeid gaan sit ek toe maar net daarr. Hy tel my op onder y arm en marsjeer met my terug winkel toe, Dit kon ek self ook gedoen het maar hy glo my nie.
Bad. Hier lê ek nou soos ‘n papier gewig om al die boks se papiere af te hou. Dit mag glo nog nie geshred word nie.
Laas Vrydag was ons in Belfast en daar by die Polisiestasie het ek twee katte gesien. ‘n witte en ‘n rooie. Die twee katte het mekaar glad nie verstaan nie dit was baie duidelik. Hulle het so ver uitmekaar gesit en loer vir mekaar en die regte katgeluide gemaak. Ek sê vir die baas: “Maak oop die deur dat ek hulle bietjie kan help. Ek kan dit vir hulle vertaal. Sien , daar sê die rooi: “Ek like jou baie, kom hier rauamaau.” Die witte sê: “Miewiew ek en jy moet mekaar se naels bietjie op mekaar toets dit like ek baie mruauaua.” Maar die baas wil nie oopmaak vir my nie. Hy glo my ook nie maar ek het dit by suster kat geleer.
“Ag wat” tune sy my “Ek stryk die baas se broek.En sy hemp. Dan lyk hy miskien tog beter as hy in die kantoor werk.”
Pfew, wat wou, suster kat kan stryk, daar glo ek niks van nie.
Maar ja hoor, sy sit langs die strykyster en wag dat die miesies haar nou moet vat in pleks van die strykyster. Sommer aan haar handvatseltjie, haar stert en daan heen en weer oor die nat broek van die baas stryk. Dit gaan baie mooi wees.
Ek het gewag en gewag tot hierdie ding gaan gebeur, maar die miesies wou nie saamwerk nie.Sy het toe nooit gekom om te stryk nie en ek en die baas moes gaan werk.
Die dag het ons saam met baas Hannes se kar na Middelburg gery. Dis heelwat anders as die bakkie. Hy raas anders, ry anders en ruik anders. Maar dit was nog heel oraait.
Maar toe moet die baas Hannes nodig aan die ding met knoppe darvoor vroetel. Ek dog nog hy het eerbare bedoelings, toe kom daar agter uit die kar ‘n onderaardse getjank uit. Ek dog nou, is dit die kar se stembande wat so moeg is en hier agtertoe gekuif het? Ek val amper van baas Hannes se skoot en loor baie ernstig daar agtertoe. En dis nie saggies wat die karretjie daar met my praat nie hoor.Dis so iets van “Gorre gorre olieieiieieeiei mudai madoe olieeeieieiei’ Maar toe hoor ek die ander baas ook daar vanagter tjank. Iemand het beslis op sy stert getrap want hy het heel geesdriftig getjank. Saam met die gorre goree olieieieieiei ding. Dit het my lank gevat om uit te figure dis die radio wat so raas. En die twee base het amper die pad byster geraak soos wat hulle gelag het.
Gekukkig op die terugweg het die stembande van die karretjie nie meer gepla nie en ons kon rustig huistoe ry. Die lewe is tog lekker! AIEIEIEIIIE
MAPSTIEKS!